Brekende Nuus
Nuus

Riversdal volgens Winde SA se eerste energie-onafhanklike dorp

Foto's: Premier Alan Winde

WES-KAAP. – Riversdal is volgens premier Alan Winde Suid-Afrika se eerste energie-onafhanklike dorp, nadat ’n nuwe sonkragaanleg in die dorp amptelik ingewy is.

Winde sê die projek sal Riversdal se afhanklikheid van Eskom verminder en inwoners en munisipale infrastruktuur help beskerm teen stygende elektrisiteitspryse. Die projek sluit ’n 10 MW-sonkraginstallasie en ’n batterybergingstelsel van 10 MWh in. Die Wes-Kaapse regering en Hessequa-munisipaliteit het die projek saam ontwikkel. 

Volgens Winde wys die projek wat bereik kan word wanneer die regering, munisipaliteite en die private sektor saamwerk om Suid-Afrika se energie-uitdagings aan te pak.

Druk hier en hier om meer te lees.