Ronald Lamola reageer op Marco Rubio se kritiek op SA en G20

Lees ook :

Ronald Lamola reageer op Marco Rubio se kritiek op SA en G20 fotokrediet: Canva

INTERNASIONAAL. – Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het reageer op die Amerikaanse minister, Marco Rubio, se kritiek van Suid-Afrika en vanjaar se G20-beraad.

Lees ook: Trump skop G20-presidentskap af deur SA van webtuiste te verwyder

Rubio het Pretoria in ‘n nuusbrief gekritiseer en gesê Washington gaan nie die “radikale” ANC-regering se gedrag aanvaar nie en het Donald Trump se bewerings oor volksmoord teen blankes herhaal. Hy het ook hierdie jaar se G20-beraad gekritiseer vir die fokus op klimaatsverandering, diversiteit en insluiting en het gesê dit was ‘n “oefening in verdeling, met opset en radikale agendas en dat Suid-Afrika Amerika en ander lande se insette in onderhandeling geïgnoreer het”. Rubio het die Suid-Afrikaanse regering beskuldig daarvan dat politiek van “griewe” gevolg word eerder as om die ekonomie te laat groei en wat hy Suid-Afrika se gebroke sisteem noem, reg te maak.

Rubio het ook gesê “president Trump en die VSA gaan nie ‘n uitnodiging aan die Suid-Afrikaanse regering uitreik om deel te neem aan die G20-beraad in 2026 nie. Daar is nie plek vir sabotasie of oneerlikheid nie”.

Lamola het in ‘n brief wat op sy departement se webwerf geplaas is die VSA gelukgewens met die presidentskap van die G20 en het gesê geen enkele lid van die G20 het die eensydige reg om Suid-Afrika uit te sluit nie en het gesê die land se G20-leierskap was insluitend, multilateraal en gefokus op mense.

Hy het gesê Suid-Afrika se beleide het ten doel om die historiese onregverdigheid van apartheid te verbeter en dat blanke boere nie geteiken word nie.

Lamola het ook die regering se oproep vir internasionale samewerking, gegrond in respek, herhaal.

Bronne: eNCA, Jacaranda FM, ECR

Lees ook: Marco Rubio sê vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland vorder, maar ‘kort nog werk’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief