Marco Rubio sê vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland vorder, maar ‘kort nog werk’

Lees ook :

Marco Rubio sê Oekraïne-Rusland vredesamesprekings vorder maar ‘kort nog werk’ fotokrediet: Canva

INTERNASIONAAL. – Die Amerikaanse minister, Marco Rubio, het gesê die samesprekings met Oekraïne oor ‘n einde aan die Oekraïne-Rusland-oorlog was “produktief” maar dit “kort nog werk”.

Lees ook: Padwerke begin in dele van Kaapstad, gaan aanhou tot middel Februarie 2026

Rubio het samesprekings gehad met Oekraïne se afvaardiging in Florida wat deur Oekraïne se nasionale veiligheidsberaad se sekretaris, Rustem Umerov, gelei is. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se verteenwoordiger, Steve Witkoff, en sy skoonseun, Jared Kushner, was ook in die vergadering.

Witkoff reis vandag na Rusland vir samesprekings met die Russiese afvaardiging.

Umerov het gesê die samesprekings was “produktief en suksesvol”.

Bronne: BBC, CBS News, DW

Lees ook: Padwerke begin in dele van Kaapstad, gaan aanhou tot middel Februarie 2026

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief