Rubriek: Waarmee hou jy jouself besig?

Lees ook :

Iets wat ek al van myself agtergekom het, is dat ek gewoonlik nonsens aanjaag as ek ledig is.

Dis vreemd, maar as ek nie iets het waarnatoe ek werk nie, ’n plan het om te volg nie, en ek is dalk ledig en verveeld by die huis, is dit gewoonlik die tyd wanneer ek besig raak met dinge waarmee ek nie moet nie.

Ek kyk na koning Dawid, wat ’n bloedige pad na die troon geloop het, en selfs nadat hy gekroon is, nog steeds moes veg vir sy land, want hy was van alle kante af deur vyande omring.

En die een keer toe hy besluit hy gaan nie saam met sy weermag optrek nie, maar eerder by die paleis bly en rus – wat gebeur toe?

Hy sien die skone Batseba op die dak, en hy val in ’n reeks sondes wat hom uiteindelik selfs tot moord dryf.

As die kragtige koning Dawid, wat ’n man na God se hart was, só kon val omdat hy nie in sy roeping gewandel het nie, waar plaas dit vir jou en my vandag?

Hoor gou hierdie ongelooflike groot stelling wat Petrus maak:

2 Petrus 1:10

“Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.”

Ons is so gefokus op redding, heiligmaking en vervulling deur die Gees – wat natuurlik van kardinale belang is – maar dan te vergeet van die belangrikheid om jou roeping vas te maak, SODAT ons nie hoef te struikel nie.

’n Kind op ’n Instagram-video het my hierdie week uitgedaag met die volgende stelling:

“God het jou roeping doelbewus bo jou vermoë gestel, sodat jy op Hom moet staatmaak om dit te vervul.”

Ledigheid is nie altyd onskuldig nie. Wanneer ons nie weet waarheen ons op pad is nie, raak dit makliker om afgelei te word deur dinge wat ons van God se doel vir ons lewe wegtrek.

God het jou nie net gered om jou uit die sonde te haal nie; Hy het jou ook geroep om vir Hom te leef. Vind jou roeping, maak dit vas en stap daarin. Jou roeping is dalk groter as jou vermoë, maar dit is juis hoekom jy God nodig het om dit te vervul.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief