Ryanair-passasier gedeeltelik by vliegtuigvenster uitgesuig

Lees ook :

Foto ter voorste;;ing

THESSALONIKA. – ’n Ryanair-vliegtuig moes Vrydag kort ná opstyging ’n noodlanding doen nadat ’n venster “losgekom” het.

Lees ook: Ryanair-vliegtuig verloor beheer tydens landing

https://www.sabcnews.com/sabcnews/ryanair-passenger-partially-sucked-out-of-plane-before-emergency-landing-in-greece/

Luidens ’n verklaring deur die lugdiens is die noodlanding by die Thessalonika-lughawe in Griekeland gedoen nadat ’n venster “losgekom” het. Twee bronne in die bedryf beweer dat ’n passasier gedeeltelik by die venster uitgesuig is. Ryanair het nie verder oor die oorsaak uitgebrei nie, maar het bevestig dat een persoon mediese hulp ontvang het.

Die vliegtuig was op pad van Thessalonika na die Memmingen-lughawe in Duitsland. Die vlug is onderbreek en die vliegtuig moes terugkeer “toe ’n passasiersvenster tydens die vlug losgekom het,” het Ryanair gesê.

Data en inligting van ’n bron dui daarop dat dieselfde vliegtuig Donderdagaand ook kort ná opstyging na Thessalonika moes terugkeer tydens ’n vlug na Sarajevo. Dit is egter onduidelik waarom.

Volgens plaaslike mediaberigte in Griekeland het ’n stuk van die enjin afgebreek en ’n venster tydens die vlug stukkend geslaan. Dit het drukverlies in die kajuit veroorsaak, wat daartoe gelei het dat die passasier gedeeltelik by die venster uitgesuig is.

“Die vliegtuig het normaal geland en passasiers is terug na die terminaal,” het Ryanair in sy verklaring gesê.

Onbevestigde video’s op sosiale media wys ’n gebreekte venster en suurstofmaskers wat uit die plafon hang. ’n Bron by die Griekse lughawe sê die vliegtuig is steeds op die grond terwyl ondersoekers die voorval ondersoek.

Bron: SABC Nuus

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief