SA-man in China aangehou ná noodlottige ongeluk

Lees ook :

Foto: Go Get Funding

INTERNASIONAAL. – Francois Van Zyl de Kock, ‘n onderwyser van Suid-Afrika, is vir die afgelope drie maande in Wuhan, China in aanhouding. Dit kom ná ’n noodlottige verkeersvoorval waarin ‘n bejaarde vrou gesterf het. Die oorledene se naasbestaandes eis ‘n bedrag van ongeveer 880 000 RMB, of R2.2 miljoen as skadevergoeding.

Zander de Kock van Vanderbijlpark, familie van die aangehoudene, sê Van Zyl de Kok het met sy bromponie na sy woonstel gery, toe die bejaarde vrou glo skielik voor ’n bus die pad ingehardloop het. Polisieverslae dui daarop dat daar kontak tussen die bromponie en die vrou was. Sy is later aan haar beserings oorlede.

Volgens De Kock was Van Zyl de Kock nie bewus daarvan dat ’n ernstige ongeluk plaasgevind het nie. Hy werk tans ten volle saam met die regsproses in China en word deur prokureurs verteenwoordig. Zander de Kock het ‘n skarebefondsingsprofiel op Go Get Funding begin om die bedrag in te samel. De Kock sê dié bedrag is buite die finansiële vermoëns van die middelklasgesin.

Om geld in te samel, het die familie ’n wettig gestruktureerde promosiekompetisie van stapel gestuur om ’n oorspronklike skildery van Frans Claerhout uit die familie se versameling te wen.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief