27 oor 4 provinsies in hegtenis oor meer as R100 m. ‘onderwysbedrog’

Lees ook :

Foto: Valke

MPUMALANGA. – Altesaam 27 mense is Sondagoggend tydens ‘n grootskaalse gekoördineerde operasie in hegtenis geneem -21 in Mpumalanga, vier in Gauteng, een in Limpopo en een in die Wes-Kaap. Die inhegtenisnemings hou verband met ‘n beweerde bedrog-, korrupsie- en geldwasseryskema waarin meer as R100 miljoen glo onregmatig van die Mpumalanga-onderwysdepartement verkry is.

Lt.kol. Magonseni Nkosi, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die operasie is met ondersteuning van spanne in Gauteng, Limpopo en die Wes-Kaap uitgevoer. Altesaam 41 geïdentifiseerde verdagtes, onder wie senior staatsamptenare en sakelui, is as deel van die optrede geteiken. Van die 27 verdagtes wat in hegtenis geneem is, is nege staatsamptenare, 14 diensverskaffers en vier privaat individue. Volgens voorlopige bevindings het die verdagtes na bewering voordeel getrek uit opgeblaasde kontrakte, onregmatige betalings en dienste wat óf van swak gehalte was óf glad nie gelewer is nie. Die beweerde wanpraktyke het die onderwyssektor miljoene rande gekos en leerlinge van noodsaaklike hulpbronne ontneem.

Die beskuldigdes sal na verwagting vandag (Maandag) in die Nelspruit-landdoshof (Mbombela) verskyn. Die ondersoek duur voort terwyl owerhede die oorblywende verdagtes opspoor.

Gen.maj. Nico Gerber, die provinsiale hoof van die Valke in Mpumalanga, het gesê die optrede stuur ’n duidelike boodskap dat die plundering van openbare fondse nie geduld sal word nie en dat almal wat betrokke is, aanspreeklik gehou sal word.

Die beskuldigdes sal na verwagting op Maandag 23 Februarie 2026 in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief