WES-KAAP. – Saag Jonker (85), die bekende Oudtshoornse volstruisboer wat sedert Sondag vermis was nadat sy voertuig deur vloedwater meegesleur is, is gevind.
’n Betroubare bron het aan Nuusflits bevestig dat Jonker gevind is. Meer besonderhede sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is. Nuusflits wag ook op verdere besonderhede en amptelike bevestiging van die polisie.
Jonker het Sondag omstreeks 12:50 probeer om ’n laagwaterbrug sowat 3 km buite Oudtshoorn in die Rooiheuwelgebied oor te steek toe die Olifantsrivier sy bruin Toyota Land Cruiser meegesleur het.
Hy was sedertdien vermis.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: