Brekende Nuus
Nuus

Saag Jonker se familie bedank ondersteuners in hartseer tyd

Foto: OPSA

WES-KAAP. – Die familie van Saag Jonker het hul dank uitgespreek teenoor die Oudtshoorn-gemeenskap en almal wat die afgelope drie dae aan die soektog na hom deelgeneem het. Jonker se liggaam is in sy bakkie in die Olifantsrivier gevind.

Die familie bedank onder meer die polisie, polisieduikers, WPDS – Southern Cape en K9 Search & Rescue, asook almal wat met bote, hommeltuie, voertuie en ander toerusting gehelp het.

“Ons is diep dankbaar dat Oupa gevind is,” sê die familie. Hulle sê die ondersteuning van die gemeenskap het hulle in ’n tyd van groot hartseer diep geraak.

Lees die familie se volledige verklaring hier onder:

Foto: Klein Karoo Agri