Saak teen Luis Rubiales oor ongevraagde soen in hof

Lees ook :

Saak teen Luis Rubiales oor ongevraagde soen in hof fotokrediet: Canva

SPANJE. – Die saak teen Luis Rubiales, die voormalige hoof van die Spaanse sokkerfederasie, het die week in ‘n hof in Spanje begin.

Lees ook: Luis Rubiales van nog onbetaamlike gedrag beskuldig

Rubiales het ‘n speler, Jenni Hermoso, sonder toestemming gesoen na hulle span die 2023-Vrouewêreldbeker gewen het. Hermoso se broer en een van haar spanmaats het getuig daar is druk op Hermoso gesit om te sê die soen was nie so erg nie.

Rafael Hermoso, die broer van Jenni Hermoso, het gesê die voormalige afrigter van die nasionale vrouespan, Jorge Vilda, het hom gevra om sy suster saam met Rubiales af te neem om te wys sy is nie deur die soen gepla nie.

Hermoso se voormalige spanmaat, Misa Rodríguez, het getuig Hermoso het vir hulle gesê sy word gedreig.

Rubiales is aangekla van seksuele aanranding en die poging om Hermoso te probeer dwing om te sê hy het toestemming gehad om haar te soen. Vilda en nog twee voormalige lede van die sokkerfederasie is aangekla daarvan dat hulle druk op Hermoso geplaas het om haar weergawe te verander.

Die verhoor sal na verwagting vir minstens 10 dae aangaan.

Bronne: The Independent, ABC News, PBS

Lees ook: Luis Rubiales van nog onbetaamlike gedrag beskuldig

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief