Sakeman in hegtenis ná beweerde brandstigting

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n 51-jarige sakeman het op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging in die Seshego-landdroshof verskyn. Sowat R800 000 se skade is aangerig toe hy glo ‘n naambord en voertuig aan die brand gesteek het.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê ‘n naambord van ‘n rehabilitasiesentrum in Ladanna is op 28 Junie omstreeks 04:30 aan die brand gesteek. Die verdagte het daarna na bewering na Seshego Zone 3 beweeg, waar ‘n Toyota Hilux Extended Cab aan die brand gesteek is.

Nadat ‘n lasbrief uitgereik is, is die sakeman Maandag by sy huis in Welgelegen, Polokwane tydens ‘n intelligensiegedrewe polisie-operasie in hegtenis geneem. Die brand het die voertuig grootliks vernietig en het na ‘n gedeelte van die woning versprei waar sewe mense in daardie stadium geslaap het. Bure het vinnig opgetree en daarin geslaag om die vlamme te blus voordat verdere skade aangerig of iemand beseer is.

Tydens die polisie se optrede is ‘n Toyota Fortuner, wat vermoedelik tydens die beweerde misdrywe gebruik is, ook deur die polisie gekonfiskeer. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief