Brekende Nuus
Afrikaans

SA’ner aangehou wat neo-Nazi-byeenkoms in Australië bywoon

SA’ner wat neo-Nazi byeenkoms in Australië bywoon in aanhouding geneem

fotokrediet: X
SA’ner wat neo-Nazi byeenkoms in Australië bywoon in aanhouding geneem fotokrediet: X

AUSTRALIЁ. – ‘n Suid-Afrikaner wat vroeër die maand gesien is by ‘n neo-Nazi-byeenkoms buite die Nieu-Suid-Wallis-parlement in Australië, is in aanhouding geneem nadat sy visum teruggetrek is.

Lees ook: Busongeluk in Saoedi-Arabië eis 45 Indiese reisigers

Matthew Gruter, wat in 2022 saam met sy vrou na Australië emigreer het, het deelgeneem aan ‘n anti-Joodse betoging wat deur die National Socialist Network gereël is. Tydens die betoging op 8 November het die betogers herhaaldelik geskree “bloed en eer”, ‘n slagspreuk wat met die Hitler-jeugbeweging geassosieer word.

Die Australiese minister van binnelandse sake, Tony Burke, het gesê Gruter sal deporteer word en het gesê: “As jy met ‘n visum hier is, is jy ‘n gas. As jy ‘n burger is, is jy ‘n volle lid van die Australiese familie. Soos met enige huishouding as ‘n gas opdaag en haat ten toon stel en die huishouding aanval, kan hulle gesê word dit is tyd om huis toe te gaan”.

Bronne: BBC, SA People, Jacaranda FM

Lees ook: Busongeluk in Saoedi-Arabië eis 45 Indiese reisigers