Sanger Chris Else het afskeid geneem van sy suster, Simoné Else (1988–2026), wat ná ’n swaar kankerstryd oorlede is. Hy sê hy het haar hand vasgehou toe sy gisteraand (Saterdag) haar laaste asem uitgeblaas het.
“Jou kanker stryd was swaar, die pyn ongelooflik … maar jou hart en siel het geglo. 10:45 gisteraand het jy jou laaste asem uitgeblaas, ek het jou hand vasgehou, die liedjie wat jy my gevra het om vir jou op te neem het ek vir jou gespeel. Maar ons weet jy is nou veilig in Vader se hand. Jou hart was van goud, jou boek is geskryf tot die laaste vers. Ons is lief vir jou, my suster. RIV Simoné Else 1988 – 2026. Jy verdien die rus”
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: