SAPD in Noord-Kaap waarsku teen vals video op sosiale media

Lees ook :

Uniform en kenteken van die Suid-Afrikaanse Polisiediens
Foto: SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noord-Kaap het met kommer kennis geneem van ‘n video wat op sosiale media versprei word en wat voorgee om ‘n voorval tussen polisielede en ‘n vrou tydens ‘n inhegtenisname uit te beeld. Polisiewoordvoerder brigadier Mashay Gamieldien se die inhoud is vervaardig en uit konteks aangebied.

“Die video en die meegaande beskrywing wat versprei word, is vals, misleidend, en gee nie ‘n akkurate weergawe van enige voorval met SAPD-lede in die provinsie nie,” het Gamieldien gese. Sy se sodanige inhoud is onverantwoordelik en kan ernstige reputasieskade aan die diens en sy senior bestuur aanrig.

Lede van die publiek word aangeraai om inligting deur amptelike SAPD-kanale te verifieer voordat hulle dit versprei. Gamieldien se die diens behou die reg voor om stappe te neem teen diegene wat kwaadwillige onwaarhede versprei.

Persverklaring.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief