‘Reeksverkragter’ gesoek wat glo vroue op sosiale media teiken

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Die polisie in die Vrystaat het die soektog na ’n beweerde gevaarlike reeksverkragter verskerp wat in verband met verkragting, sameswering om moord te pleeg en die teiken van vroue op sosiale media gesoek word.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die saak spruit uit ’n voorval op 11 Mei 2025 in Navalsig, Bloemfontein, waar Kopanong-polisie ‘n klagte in Muirfield Woonstel in North Endstraat ondersoek het. ’n Vrou (35) sê sy het ’n man op Facebook ontmoet wat homself as “Shane Carson” voorgestel en haar na sy woning vir ’n eerste afspraak genooi het. Volgens die polisie het die vrou, nadat sy sap gedrink het, duiselig en erg uitgeput gevoel. Sy is daarna glo in die badkamer verkrag, maar het daarin geslaag om te ontsnap nadat sy die verdagte oortuig het om haar buite toe te laat gaan vir vars lug.

Die Bloemfonteinse-landdroshof het ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van die 32-jarige Lloyd Mcdonald Siswe Jacobs uitgereik. Ondersoekers meen hy gebruik verskeie vals identiteite op Facebook en ander platforms om vroue te lok en aan te rand. Hy word ook in ’n aparte saak deur Parkweg SAPD gesoek nadat hy glo ’n ondersoekbeampte gedreig het in verband met ’n beweerde sameswering om moord te pleeg.

Die polisie doen ’n dringende beroep op die publiek om versigtig te wees wanneer hulle mense op sosiale media ontmoet. Dié verdagte word as gevaarlik beskou en moet nie gekonfronteer word nie. Enigiemand met relevante inligting word gevra om sers. Richard langa by 071 099 1466 of kol. Ben Bolsiek by 082 466 8530 te bel.



Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief