Sapu vra dat Masemola teruggebring word

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die Suid-Afrikaanse Polisievakbond (Sapu) doen ’n beroep op president Cyril Ramaphosa om genl. Fannie Masemola in die posisie as nasionale polisiekommissaris te herstel.

Lehlohonolo Thobakgale, Sapu se nasionale woordvoerder, sê die vakbond is bekommerd oor onthullings by die Madlanga-kommissie en vra ook duidelikheid oor die status van die aanklagte teen Masemola.

Sapu sê daar is toenemende onstabiliteit binne die SAPD en doen ’n beroep op president Ramaphosa om stabiliteit te herstel sodat die polisie op die bekamping van misdaad kan fokus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief