SAUK waarsku teen individue wat as TV-lisensie-inspekteurs voordoen

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het bevestig dat dit geen inspekteurs of amptenare aangestel het om TV-toestelle in mense se huise te ondersoek nie.

Luidens ‘n verklaring van die SAUK word ‘n boodskap op sosiale media versprei waarin beweer word dat mense as TV-lisensie-inspekteurs toegang tot huise probeer kry om dan misdaad te pleeg. Mmoni Ngubane, SAUK-woordvoerder, sê die publiek moet enige persoon wat beweer hy of sy is ’n SAUK-verteenwoordiger en toegang tot ’n woning probeer kry, by die polisie aanmeld.

Ngubane sê verder dat die SAUK slegs deur amptelike en veilige kanale met TV-lisensiehouers kommunikeer en dat deur-tot-deur-inspeksies nie deel van hul proses is nie.

Bron: SABC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief