GAUTENG. – Die soektog na Serah-Lee Venter (27), wat sedert Dinsdag 29 September vermis is, duur voort. Sy is laas in Theresapark, Pretoria, gesien. Waar sy haar tans bevind, is onbekend. Haar familie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting wat kan help om haar op te spoor, aan te meld.
Venter het twee dogters van wie die een op 1 April gebore is. Volgens Missing Person South Africa is haar verdwyning by die polisie aangemeld. Die voorval is onder VB 757/10/2026 aangeteken, hoewel ’n formele saaknommer nog nie beskikbaar is nie. Serah-Lee het gekleurde blonde hare en groen oë. Enigiemand met inligting oor haar moontlike verblyfplek kan 076 905 8874 bel of ’n WhatsApp-boodskap na dié nommer stuur. Inligting kan ook by die naaste polisiestasie aangemeld word.
Bronne: Missing Person South Africa, Missing in SA, Missing Children South Africa, Renegades