OOS-KAAP. – Kungawoo Booi (17), ’n leerling van ‘n hoërskool in Westering, is Donderdag ná ’n voorval tydens ‘n rugby-oefening oorlede.
Luidens ‘n verklaring deur kapt. Sandra Janse van Rensburg, dui voorlopige inligting aan lede van die Kabega Park-polisiekantoor is na ‘n klagte by die skool in Bougainville-rylaan. Met hul aankoms is beamptes meegedeel dat Kungawoo beseer is terwyl hy rugby geoefen het. Hy is op die toneel medies behandel, maar het gesterf.
’n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen en die ondersoek duur voort.





