Brekende Nuus
Afrikaans

Thabo Bester en medebeskuldigdes weer in hof

Thabo Bester en medebeskuldigdes weer in hof

fotokrediet: X
Thabo Bester en medebeskuldigdes weer in hof fotokrediet: X

VRYSTAAT. – Thabo Bester en sy medebeskuldigdes verskyn vandag in die Bloemfontein-hooggeregshof vir nog ‘n voorverhoor aangaande sy ontsnapping in 2023.

Lees ook: Thabo Bester en kie weer in die hof

Thabo Bester en Nandipha Magudumana het beide regsake wat nog afgehandel moet word voor die verhoor kan begin.

Bester se regsake gaan oor sy omstandighede in die tronk, terwyl Magudumana se regsake aangaande die wetlikheid van haar inhegtenisneming in Tanzanië is.

Die verhoordatum sal eers vasgestel word wanneer die bestaande regsake opgelos is.

Bronne: eNCA, EWN, SABC News

Lees ook: Thabo Bester en kie weer in die hof