Skikking oor bek-en-klouseer bereik

Lees ook :

Foto: Departement van Landbou

GAUTENG. – Willie Aucamp, die minister van landbou, het ‘n skikking verwelkom wat bereik is ná onderhandelinge oor die bestuur van die bek-en-klouseer-uitbreking.

Die departement van landbou sê die ooreenkoms is Donderdag in Pretoria tussen dié departement, Sakeliga, die landnou-organisasie Saai, Vrystaat Landbou en ander rolspelers bereik. Volgens Aucamp sal die skikking groter stabiliteit in die landboubedryf bring. Dit maak ook voorsiening daarvoor dat eienaars van diere met gesplete hoewe hul vee vrywillig teen bek-en-klouseer kan inent, mits die voorgeskrewe biosekuriteitsmaatreëls nagekom word.

Hy sê die departement en Onderstepoort Biological Products (OBP) het hul uitsluitende reg op die invoer en verspreiding van bek-en-klouseer-entstof prysgegee om die private sektor in staat te stel om entstof op groter skaal in te voer. Volgens die departement sal die fokus nou op die implementering van die ooreengekome maatreëls val.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief