Skoliervervoerbestuurder gee kind R4 vir hoenderkoppe ná verkragting

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Given Mpho Mphahlele (41), ‘n skoliervervoerbestuurder van Mamelodi, is lewenslank tronk toe gestuur, nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n 9-jarige meisie. Ná die verkragting het hy gedreig om haar ma dood te maak indien sy die verkragting sou rapporteer en het haar boonop R4 gegee om hoenderkoppe te koop.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê die misdaad het in Junie 2021 plaasgevind, slegs twee maande nadat Mphahlele as skoliervervoerbestuurder begin werk het. Die kind het haar ma ongeveer ‘n maand later van die voorval vertel, waarna die saak by die polisie aangemeld is.

Die slagoffer is na die Mamelodi Thuthuzela-sorgsentrum verwys waar sy mediese behandeling, berading en ander ondersteuning ontvang het. Mphahlele is op 19 Augustus 2021 in hegtenis geneem. Hy het onskuldig gepleit, maar staatsaanklaer Corrine Sam het getuienis voorgelê wat in die Pretoria-streekhof tot sy skuldigbevinding gelei het.

Tydens vonnisoplegging het Mphahlele die hof versoek om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk en aangevoer dat hy die enigste broodwinner vir sy drie kinders is. Die staat het die versoek teengestaan en aangevoer dat hy geen berou getoon het nie en sy vertrouensposisie as skoolvervoerbestuurder misbruik het.

Die hof het bevind dat daar geen wesenlike of dwingende omstandighede bestaan om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk nie en hom tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Op die betrokke dag van die misdaad het die slagoffer en haar broer in opdrag van Mphahlele vir hulle ma gesê hulle gaan speel, maar hulle het na sy woonplek geloop. Onderweg het hulle hom in ‘n voertuig teëgekom en hom op sy bevel gevolg. By sy huis gekom, is die seun gestuur om te gaan tee koop, terwyl die meisie uitgetrek en verkrag is.

Ongeveer ‘n maand later het die slagoffer se ma haar na Mphahlele se bure gestuur. Sy het begin huil en aan haar ma vertel wat gebeur het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief