Die jongste brandstofpryse sal op 1 April in werking tree, met ‘n skerp styging by die petrolpompe regoor die land. Dit kan verdere druk op vervoer- en voedselpryse plaas. Daar is egter tydelike verligting, met ’n verlaging van R3 per liter op die algemene brandstofheffing, wat tot 5 Mei 2026 sal geld.
🔺 Petrolpryse styg
• 93-oktaan petrol – R3,06 per liter duurder
• 95-oktaan petrol – R3,06 per liter duurder
🔺 Diesel styg aansienlik
• Diesel (0.05% swawel) – R7,37 per liter duurder
• Diesel (0.005% swawel) – R7,51 per liter duurder
🔺 Ander brandstowwe
• Verligtingsparaffien (groothandel) – R11,67 per liter duurder
• SMNRP vir paraffien – R15,60 per liter duurder
• LPG-gas – styg met R1,08 per kg (R1,23 in die Wes-Kaap)
Die departement van minerale en petroleumhulpbronne sê die styging word hoofsaaklik veroorsaak deur hoër internasionale oliepryse, wat gestyg het weens spanning tussen die VSA en Iran wat wêreldvoorsiening beïnvloed. Internasionale brandstofpryse het ook gestyg, terwyl die rand verswak het teenoor die Amerikaanse dollar, wat invoerkoste verhoog het. Die brandstofpryse word maandeliks aangepas op grond van plaaslike en internasionale faktore.
Belastingaanpassings speel ook ’n rol, met verhogings in die brandstofheffing, padongelukkefonds-heffing en koolstofheffing wat vanaf April in werking tree.