KIMBERLEY – Lede van die gemeenskap van Phutanang is glo deur die Sol Plaatje-munisipaliteit woonplek, kos en dienste in Roodepan, belowe.
Mense word geskuif
Philip Hope, van Phutanang, sê Sol Plaatje munisipaliteit het in Oktober verlede jaar ’n groep mense geskuif. “Hulle het lede van die gemeenskap belowe ons sal woonplek, dienste en kos kry. Sedertdien het daar niks van gekom nie sê Hope. Ons het ook geen toegang tot fasiliteite nie.”

Geen water
Hope sê hulle moet baie ver loop om water te gaan skep. “Die gemeenskapslede moet in die veld gaan ontlas. Dis pikdonker in die nag, uiters gevaarlik en, Sol Plaatje het ons in die steek gelaat”.

Vergadering
Daar was op 28 Januarie in Phutanang ’n vergadering gereël, maar volgens Hope het hulle na die vergadering geen terugvoer ontvang nie, en geen oplossings was voorgestel nie.
Terugvoer van Sello Matsie
Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê hy is bewus van die saak. “Ons is bewus van die situasie en gee tans daaraan aandag.”