Dit is nie net lekker nie, dit is ook baie maklik om te maak. Probeer hierdie resep vir lekker Sondag-trooskos.
Bestanddele
4 groot varktjops
sout
varsgemaalde peper
2 teelepels knoffelpoeier
1/4 teelepel rissiepoeier
1/4 koppie & 3 eetlepels groente- of canola-olie
2 medium uie, dun gesny
2 eetlepels botter
1 1/2 koppies hoenderaftreksel
1/4 koppie dik room
vars pietersielie vir garnering
Metode
- Geur varkstjops oraloor met sout en peper.
- Meng die meel in ̓n vlak bak met knoffelpoeier en rissiepoeier. Bedek varktjops met meel en skud oortollige meel af. Bêre 2 eetlepels gegeurde meel eenkant.
- Verhit 1/4 koppie olie in ̓n groot, swaar pan op medium hitte tot dit prut. Kook varktjops tot goudkleurig, 4-5 minute per kant. Dra oor na ̓n bord. Vee die pan uit.
- Verlaag die hitte tot medium laag, gooi die oorblywende olie in en voeg uie by. Geur met meer sout en peper en kook tot baie sag en effens gekaramelliseerd, 15-20 minute. Voeg botter by en laat smelt, en strooi dan die 2 eetlepels gegeurgde meel oor. Roer deurentyd. Kook tot meel nie meer rou is nie, ongeveer ̓n minuut. Roer die hoendersous en room by, roer goed en laat prut tot sous begin verdik, ongeveer 5 minute.
- Sit die varkvleis terug in die kastrol en kook tot deurgaar, ongeveer 10 minute meer.
- Garneer met pietersielie en sit dadelik voor.