Lees ook: Aardbewing van 7.3 in Vanuatu
VANUATU. – Sowat 14 mense is oorlede na ’n 7.3-aardbewing in Vanuatu. Minstens 200 mense is beseer en reddingswerkers is steeds op soek na oorlewendes wat moontlik in geboue vasgekeer is.
’n Noodtoestand van sewe dae is afgekondig om die publiek se bewegings te beperk terwyl reddingswerkers besig is.
Ten minste 10 geboue in Port Vila, Vanuatu, is erg beskadig na die aardbewing van gister.
Ses mense is dood na ’n grondstorting en vier is dood na ’n gebou tydens die aardbewing ineengestort het. Die dodetal sal na verwagting styg.
Bronne: BBC, ABC News, Yahoo News
Lees ook: Aardbewing van 7.3 in Vanuatu


