Lees ook: Vier tienersoldate van Israel dood in Hezbollah-aanval
GAZA. – Minstens 87 mense is dood en verskeie mense is vermis ná ’n aanval op Gaza deur die Israeliese weermag.
Die aanval volg ná die dood van Hamas-leier Yahya Sinwar, volgens Israel die argitek van die 7 Oktober-aanval op Israel, wat die vonk in die kruitvat vir die huidige oorlog was.
Hezbollah het ná Sinwar se dood die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, se huis met hommeltuie aangeval.
Israel het op sy beurt Libanon aangeval, wat 16 mense gedood en 59 gewond het.
Bronne: Indian Express, BBC, ABC News
Lees ook: Vier tienersoldate van Israel dood in Hezbollah-aanval





