Lees ook: Bekende sangeres sterf op 35
VSA. – Die geliefde “Captain Holt” van die televisiereeks Brooklyn Nine-Nine is Maandag oorlede.
André Braugher is in die ouderdom van 61 na ‘n kort siekbed oorlede.
Braugher het in sy loopbaan gereeld polisiebeamptes gespeel en was veral bekend vir sy rol in Homocide: Life on the Street en Brooklyn Nine-Nine. Hy was ook in The Mist en City of Angels te sien.
Hy word oorleef deur sy vrou, Ami Brabson, en sy drie seuns, Michael, Isaiah en John.
Talle aanhangers het hulle skok en medelye op sosiale media gedeel.
Bronne: IOL, BBC, Cape Town ETC
Lees ook: Bekende sangeres sterf op 35