KAAPSTAD. – Top-produksies van die 2026 KKNK is op 14 Mei op ’n glansgeleentheid by Leopard’s Leap vereer.
Nicola Hanekom se Die gebed van ’n halfmens, wat by die KKNK gedebuteer het. het die aand oorheers nadat die produksie altesaam 10 benoemings ontvang het. Dit is het met vier pryse weggestap, onder meer as die Beste Produksie (site-specific teater). DIt is ook vereer vir die beste debuutwerk: toneel, die beste aanbieding: toneel, die beste ontwerp en/of tegniese bydrae, asook vir Elana-Marié Snyman se tegniese versorging. Brendon Daniels het die toekenning as beste manlike speler in ’n ondersteunende rol ontvang.
Nina Swart was die aanbieder en het die verhoog met ander bekendes soos Anna-Mart van der Merwe, Nicola Hanekom, Brendon Daniels en Albert Pretorius gedeel. Genomineerdes en gaste is deur die Papier Family Band vermaak.
Uitnemendheid by die KKNK word jaarliks deur ‘n onfhanklike paneel beoordeel en met Kannas beloon. Die KKNK vier vanjaar sy dertigste bestaansjaar.
Die Onafhanklike Kannapaneel vir 2026 het uit Naudé van der Merwe (sameroeper), Nolan Africa, Amelda Brand, Felicia Lesch, Wayne Muller, Ilza Roggeband, Tracey Saunders en Fahiem Stellenboom bestaan.





