Gqeberha – Die Suid-Afrikaanse Judo-kampioenskappe is tans in die Feather Market saal in Gqeberha (Port Elizabeth) aan die gang, waar honderde judokas van regoor die land meeding om nasionale eer in verskeie ouderdoms- en gewigsklasse. Die kampioenskappe bied aan jong en senior deelnemers die geleentheid om hul vaardighede teen die land se bestes te toets en waardevolle ervaring op nasionale vlak op te doen.
Die kompetisie word gekenmerk deur hoë intensiteit, tegniese vaardigheid en uitstekende sportmanskap. Van die eerste kragmetings af, is daar reeds verskeie opwindende gevegte gelewer, met deelnemers wat alles in die stryd werp om ‘n plek op die podium te verseker.
Vir baie atlete dien die kampioenskappe ook as ‘n belangrike geleentheid om hulself vir toekomstige internasionale deelname en nasionale spankeuring te bewys. Afrigters en ondersteuners van regoor Suid-Afrika is teenwoordig om hul judokas aan te moedig, terwyl die land se beste talent hul vermoëns op die tatami ten toon stel.
Die kampioenskappe duur tot 11 Julie, waarna die nuwe Suid-Afrikaanse kampioene in die onderskeie afdelings gekroon sal word.
Vir meer fotos, klik hier. Fotos deur Johan Maree aXnShots.





