Die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan het die toetsreeks, van vier, teen Namibië gewen nadat hulle ook in die derde toets op 23 Julie, in Kaapstad, hul oorheersing voortgesit het. Hoewel Namibië daarin geslaag het om gisteraand hul eerste doel van die reeks aan te teken, was dit nie genoeg om die Suid-Afrikaners se opmars te stuit nie. Suid-Afrika het reeds die reeks beklink met nog een wedstryd wat oorbly.
Die reeks dien as belangrike voorbereiding vir Suid-Afrika se komende internasionale uitdagings, met die afrigtingspan wat die geleentheid benut om kombinasies te slyp en wedstrydritme op te bou. Namibië het deurgaans veggees getoon en hul eerste doel van die toer was ‘n beloning vir hul volgehoue aanvallende spel.
Die finale toets van die reeks word vandag op Hartleyvale in Kaapstad beslis. Hoewel die reeks reeds in Suid-Afrika se guns beklink is, sal albei spanne daarop uit wees om die laaste wedstryd met ‘n sterk vertoning af te sluit. Vir Suid-Afrika bied dit nog ‘n waardevolle geleentheid om selfvertroue op te bou, terwyl Namibië sal poog om die positiewe momentum van hul eerste doel in die reeks verder uit te bou.
Vir meer fotos, klik hier. Fotos deur Johan Maree aXnShots.





