President Cyril Ramaphosa het die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID) se nasionale bevelsentrum besoek om personeel en bestuur te prys. Die inkomstediens het in die afgelope finansiële jaar ‘n rekordbedrag van R2,3 triljoen se belasting ingesamel. Hierdie geld help om dienste, toelaes en infrastruktuur te finansier.
Die president sê in ‘n verklaring die inkomstediens word gesien as ’n voorbeeld van ’n moderne en bekwame staatinstansie. Sedert die Nugent-kommissie van ondersoek in 2018, het die Suid-Afrikaanse inkomstediens aanbevelings soos onafhanklike leierskap en moderne stelsels geïmplementeer.
Die herstel van die diens het openbare vertroue verhoog. Dit wys dat ’n duidelike missie, toegewyde leiers en bekwame personeel die kern van ’n funksionerende staat is.
Druk hier om meer te lees.





