KWAZULU-NATAL. – Een persoon is dood en sewe ander beseer toe ’n taxi Donderdagaand op die hoek van Green- en Whitelaan in Isithebe in ’n groep voetgangers vasgery het.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê paramedici het op ’n chaotiese toneel afgekom waar beseerdes van minder ernstig tot kritieke beserings opgedoen het. Een persoon is noodlottig beseer en is op die toneel dood verklaar. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer, waarna drie onder die sorg van IPSS Medical Rescue se gevorderde lewensondersteuningsparamedici na hospitale vervoer is.
Die oorsaak van die botsing word deur die polisie ondersoek.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: