Tennis-drama by die Spele

Lees ook :

Foto: Skermgreep (X)

PARYS, FRANKRYK. – Die kwarteindrondte van die vroueenkelspel-tennis by die Paryse Spele het in onverwagse drama ontaard na die Amerikaanse speler Danielle Collins woorde gehad het met die wêreld se nommer-een, Iga Swiatek. Swiatek, wat as die onbetwiste gunsteling beskou is, het in die wedstryd teen Collins ‘n vroeë voorsprong verkry. Collins het egter teruggeveg tydens die tweede stel, maar die wedstryd het ‘n verrassende wending geneem toe Collins onverwags tydens die derde stel besluit het om weens ‘n maagspierbesering die handdoek in te gooi. Swiatek het ook tydens die wedstryd inmekaargesak nadat sy deur ‘n bal in haar ribbe getref is.

Toe die teenstanders moes bladskud by die net na die wedstryd beëindig is, het Collins oënskynlik lank en hard met Swiatek gepraat. Collins het Swiatek na afloop van die dramatiese wedstryd vir haar “valsheid” gekritiseer.


Die voorval het spekulasie in die tennisgemeenskap laat ontstaan, met baie wat die etiese en professionele implikasies van Collins se optrede bevraagteken. Swiatek is deur na die halfeindronde, waar sy teen Zheng Qinwen te staan gekom het. Die nommer-ses gekeurde Qinwen het vroeër vandag haar eerste oorwinning teenoor die nommer-een behaal. Sy sal eerskomende Vrydag vir ‘n bronsmedalje meeding.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief