PRETORIA. – Thabo Bester is vandag in die Gautengse hooggeregshof om te probeer om ’n hofbevel te kry om Netflix se nuwe reeks, Beauty and the Bester, te keer.
Lees ook: Thabo Bester eise deur regter afgekeur
Bester wil ‘n interdik teen Netflix hê om te keer dat die reeks Vrydag vrygestel word. Hy het gesê die reeks bevat onakkurate bewerings wat nie bewys kan word nie en oortree die grondwetlike regte van hom en Nandipha Magudumana. Bester het verder gesê die reeks oortree sy reg om onskuldig te wees totdat skuld bewys word en dat dit sy verhoor gaan beïnvloed.
Volgens Netflix gaan die reeks oor die verhouding tussen Bester en Magudumana en daar is onderhoude gevoer met Magudumana se pa, DJ Pearl Thusi en die televisiepersoonlikheid Penny Lebyane.
Bronne: IOL, ECR, SurgeZirc
Lees ook: Thabo Bester eise deur regter afgekeur





