Seun verdrink in dam op kleinhoewe

Lees ook :

Foto: NSRI

GAUTENG. – ’n Seun (6) het Sondag in ’n dam op ’n kleinhoewe in Nigel verdrink.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê luidens ‘n verklaring van Nicholas Wood, NSRI-Gauteng se stasiebevelvoerder, is die diensbemanning omstreeks 19:20 geaktiveer nadat berigte van ‘n verdrinking ontvang is. ‘n NSRI-voertuig, reddingskano en swemmer is na die toneel gestuur. Die polisie, sowel as die polisie se water-en-duikeenheid, asook die Gauteng-nooddienste, is ook na die toneel waar bevestig is die kind het onder die water verdwyn terwyl hy geswem het.

’n Polisieduiker het die kind se liggaam uit die dam gehaal. Die liggaam is aan die polisie en forensiese patologiedienste oorhandig. ’n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief