Tiener geskors na hy ma se trourok skool toe aantrek

Lees ook :

Tiener geskors na hy ma se trourok skool toe aantrek
Tiener geskors na hy ma se trourok skool toe aantrek fotokrediet: Canva

‘n Ma loop onder kritiek deur nadat sy haar tienerseun se besluit oor die dra van haar trourok skool toe ondersteun het. Dit het veroorsaak dat hy uit die skool geskors is.

Die ma het op sosiale media vertel dat haar seun, wat gereeld vroueklere dra, vir haar gevra het of hy haar trourok kan aantrek skool toe as protes teen sy een vriendin se skorsing omdat dié ‘n croptop aangehad het.

‘n Foto van haar seun het op sosiale media beland. Haar ouers het dit gesien en haar gebel om haar te vloek en te sê sy moet dit nie toelaat nie en moet haar seun in die kerk kry sodat hy hom kan bekeer.

Sy het ook gesê mense op die dorp kritiseer haar nou en sê sy is ‘n slegte ma, maar mense in die kommentaarseksie van sosiale media het gesê sy is ‘n goeie ma wat haar seun ondersteun.

Bronne: ECR, Briefly, News24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Denemarke se koningin stroop kleinkinders van koninklike titels

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief