Tienerseun wat 9-jarige verkrag kry tronkstraf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Seun (17) is tot agt jaar gevangenisstraf deur die Waterval-streekhof vir die verkragting van ‘n 9-jarige meisie, op 20 September 2023 in die Waterval-polisiëringsarea, gevonnis. Hy dien tans vonnisse vir vier afsonderlike, maar soortgelyke oortredings wat in die Rietgat-polisiëringsbied in Gauteng gepleeg is, uit.

Luidens ‘n verklaring deur lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, is die meisie, tans 11 jaar oud, op die betrokke datum omstreeks 10:00 deur haar ma gestuur om brood te gaan koop. Op pad terug het sy die seun, toe 15 jaar oud, teëgekom. Hy het haar na ‘n huis geneem, waar hy haar verkrag het.

‘n Verkragtingsaak is geopen ná die voorval by die polisie aangemeld is. Die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem, waarna hy deur ‘n proefbeampte geassesseer is. AO Lufunu Mercu Mutheiwana van Makhado-GKS het die verkragtingsaak ondersoek.

Die beskuldigde is tot agt jaar tronkstraf in verpligte verblyf in ‘n kinder-en-jeugsentrum in Soshanguve gevonnis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief