Brekende Nuus
Afrikaans

Laaste boot van flottielje ook gekeer

Laaste boot van flottielje ook gekeer

fotokrediet: X
Laaste boot van flottielje ook gekeer fotokrediet: X

GASA. – Die laaste boot van die Global Sumud Flotilla is vandag deur die Israeliese weermag gekeer.

Lees ook: President Ramaphosa eis onmiddellike vrylating van SA’ners op flottielje

Sowat 40 bote met honderde aktiviste, insluitend Greta Thunberg en Mandla Mandela, is gister deur die Israeliese weermag voorgekeer voordat dit Gasa kon bereik.

Die laaste boot, die Marinette, met verskeie Australiese burgers aan boord, is Vrydag deur die Israeliese weermag gekeer.

Die aktiviste wat op die bote was, is in aanhouding geneem totdat hulle deportasiedokumente kan teken om willekeurig gedeporteer te word, of hulle gaan onder dwang gedeporteer word.

Bronne: ABC News, US News, ECR

Lees ook: President Ramaphosa eis onmiddellike vrylating van SA’ners op flottielje