Brekende Nuus
Nuus

TikTok-gebruiker ná video oor Mkhwanazi aangekeer

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi — SAPD

KWAZULU-NATAL. – ’n 38-jarige man is Sondagmiddag (1 November) in KwaMashu in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n TikTok-video geplaas het waarin hy vir lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, KwaZulu-Natal se provinsiale polisiekommissaris, beledig en mense tot geweld aangehits het.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê die provinsiale taakspan het ’n ondersoekdossier geopen nadat die video op die man se TikTok-rekening opgemerk is. Die inhoud het volgens die polisie moontlike strafbare elemente van crimen injuria en aanhitsing tot geweld bevat. Die verdagte is opgespoor en by die Princess Magogo-stadion in KwaMashu aangekeer.

Hy sal na verwagting vandag (Maandag) op aanklagte van crimen injuria en aanhitsing tot geweld in die Durban-landdroshof verskyn.