GAUTENG. – Die Tshwane Metro Polisiedepartement (TMPD) het Sondag, tydens ’n operasie op die N4-Suid en N1-snelweg, op twee busse beslag gelê. Die TMPD se kommunikasiedienste sê in ‘n sosialemedia-plasing die busse het buite hul toegelate roetes gery, wat glo ’n oortreding van hul permitvoorwaardes is.
In ‘n aparte voorval is ’n verdagte vir beweerde mensehandel in hegtenis geneem, terwyl drie onwettige immigrante ook tydens die operasie vasgetrek is. Al die verdagtes is by ’n plaaslike polisiekantoor aangehou.





