Brekende Nuus
Afrikaans

Toks & Tjops se Janina Oberholzer se seuntjie gebore

Sy sê dan verder dankie dat hulle die nuus as 'n gesin vir 'n klein rukkie vir hulself kon hou.

Toks & Tjops se Janina Oberholzer se seuntjie gebore
Toks & Tjops se Janina Oberholzer se seuntjie gebore

Toks & Tjops se Janina Oberholzer en haar man, Ryno van Niekerk, se eersteling is gebore.

Oberholzer, aanbieder van die kykNET-program het Maandag die nuus op Facebook bekendgemaak.

“Ons liefste seuntjie het op 22 Februarie vroeg die oggend sy verskyning gemaak,” skryf sy. “Hy is perfek. Dankie aan al die personeel by die Pretoria Oos-hospitaal wat so mooi na ons gekyk het.”

Sy sê dan verder dankie dat hulle die nuus as ‘n gesin vir ‘n klein rukkie vir hulself kon hou.

“Welkom Hunter Roux van Niekerk. Jy het ons lewens kom verander. Alle eer aan Hom.”