Die 2026 Toyota SASAPD Nasionale Kampioenskappe wat van 27–31 Maart in Stellenbosch plaasgevind het, het van die land se beste para-atlete bymekaar gebring vir ’n multi-sport byeenkoms.
Een van die top atlete, Aimee Gertenbach is besig om haar naam stewig in die Suid-Afrikaanse atletiekwêreld te vestig met uitstaande prestasies en ’n merkwaardige vasberadenheid.
As ’n T13 visueel-gestremde atleet wys Aimee dat geen struikelblok te groot is nie. Sy het tydens hierdie toernooi indrukwekkend presteer , waar sy goue medaljes in die 100m, 200m en 400m behaal het – ’n bewys van haar veelsydigheid, spoed en uithouvermoë op die baan.
Haar prestasies plaas haar ook onder die top 10 atlete in die visueel-gestremde klas, ’n uitstekende mylpaal wat haar harde werk en toewyding weerspieël. Dit is duidelik dat sy nie net meeding nie, maar ook uitblink teen van die beste in haar kategorie.
Met haar fokus, dissipline en passie vir atletiek is Aimee Gertenbach beslis een van die opkomende sterre om dop te hou. Haar verhaal dien as inspirasie vir baie en bewys dat deursettingsvermoë en geloof in jouself tot groot hoogtes kan lei.
Sien ook: https://nuusflits.com/sasapd-nasionale-kampioenskappe-in-stellenbosch/
Vir meer foto’s, klik hier. Foto’s deur Johan Maree aXnShots.





