VSA. – Die Amerikaanse president Donald Trump het die Republikeinse huis van verteenwoordigers aangemoedig om te stem dat die Jeffrey Epstein-dokumente vrygestel word.
Lees ook: VSA-huis van verteenwoordigers moet stem oor Epstein-dokumente
Trump het gisteraand op Truth Social gesê: “Die huis van die Republikeine sal stem om die Epstein-dokumente vry te stel, want ons het niks om weg te steek nie”. Hy het ook gesê: “dis tyd om aan te beweeg van die Demokratiese klug”.
Dit volg nadat verskeie Republikeine gesê het hulle is gewillig om te stem vir die openbaarmaking van die dokumente.
Die huis van verteenwoordigers gaan hierdie week stem oor die wetsontwerp, genaamd die Epstein Files Transparency-wet. Die doel van die wet is om die justisiedepartement te dwing om alle ongeklassifiseerde rekords, dokumente, kommunikasie en ondersoekmateriaal verbind aan Jeffrey Epstein, vry te stel.
Bronne: BBC, Fox News, USA Today
Lees ook: VSA-huis van verteenwoordigers moet stem oor Epstein-dokumente





