Trump skop G20-presidentskap af deur SA van webtuiste te verwyder

Lees ook :

Trump skop G20-presidentskap af deur SA van webtuiste te verwyder fotokrediet: X

VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy G20-presidentskap begin deur Suid-Afrika af te haal van die G20-webtuiste en net ‘n foto van hom met die woorde “Miami 2026” en “Die beste kom nog” geplaas.

Lees ook: VSA stuur verteenwoordiger na G20 vir oorhandiging van G20-presidentskap

Trump het gesê Suid-Afrika gaan nie welkom wees by die G20-beraad in 2026 nie.

Die Trump-administrasie het ook Suid-Afrika se agenda vir die G20, wat ‘n “regverdige energie-oorgang” en skuldvolhoubaarheid ingesluit het, verwerp.

Volgens die Amerikaanse staatsdepartement gaan Trump die “G20 na die hoofdoel van ekonomiese groei dryf terugbring”. Die departement het gesê Trump se drie prioriteite is die beperking van regulatoriese laste, die versterking van bekostigbare en veilige energie-verskaffingskettings en om tegnologiese vordering vinniger te maak.

Dit volg ná ‘n versuring in die verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika nadat Trump beweer het daar is ‘n volksmoord teen blanke Suid-Afrikaners in Suid-Afrika en hy vlugtelingstatus aan blanke Suid-Afrikaners aangebied het.

Bronne: eNCA, The Straits Times, ECR

Lees ook: VSA stuur verteenwoordiger na G20 vir oorhandiging van G20-presidentskap

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief