PERU. – 12 mense is gister dood en sowat 50 mense is vermis nadat twee passasiersbote by ‘n rivierhawe in die gebied van Peru se Amazon-reënwoud deur ‘n grondstorting getref is.
Lees ook: Oorstromings in Indonesië eis 442
Die grondstorting het een van die bote gesink en nog een beskadig terwyl passasiers op pad was om by Iparia af te klim.
Die beseerde mense is na ‘n hospitaal geneem terwyl die Peruaanse vloot en nasionale polisie op soek is na die vermiste mense. Kinders, onderwysers en dokters was op die bote en daar is kommer dat kinders onder die vermistes kan wees.
Owerhede werk saam met die families om te bepaal hoeveel mense vermis word.
Bronne: BBC, WN.com, News.az
Lees ook: Oorstromings in Indonesië eis 442





