VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gisteraand ’n bevel onderteken wat inwoners van 12 lande verbied om na dié land te reis.
Lees ook: Trump verban burgers van meer as 40 lande van reis na VSA
Dié bevel geld vir burgers van Afghanistan, Mianmar, Tsjad, die Republiek die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Eritrea, Haïti, Iran, Libië, Somalië, Sudan en Jemen en is van 9 Junie af van krag.
Inwoners van sewe ander lande is verhinder om permanent na die VSA trek, of om toeriste- of studentevisums te kry. Dié lande is Burundi, Kuba, Laos, Sierra Leone, Togo, Turkmenistan en Venezuela.
Die bevel volg ná ’n Egiptiese man in Colorado in hegtenis geneem is vir die uitvoer van ’n aanval op ’n groep mense wat eer aan die gyselaars in Gasa betoon het. Trump se administrasie het gesê dié aanval het bewys hoe gevaarlik dit is om buitelanders tot die land toe te laat wat nie behoorlik ondersoek is nie. Dit geld ook vir diegene wat inkom as tydelike besoekers en wat hul visums oorskry.
Bronne: BBC, New York Times, The Mirror
Lees ook: Trump verban burgers van meer as 40 lande van reis na VSA





