Trump verban burgers van meer as 40 lande van reis na VSA

Lees ook :

Trump verban mense van omtrent 41 lande van reis na VSA fotokrediet: Canva

VSA. – Donald Trump is van plan om burgers van sowat 41 lande te verbied om na die VSA te reis. Baie van dié lande is gesê hulle regerings het 60 dae om “tekorte” reg te stel of hulle gaan op die lys bly.

Lees ook: VSA skors SA-ambassadeur oor kommentaar op Trump

Sommige lande se burgers se visums sal volledig opgeskort word terwyl ander se visums gedeeltelik opgeskort sal word.

Altesaam 26 lande se visums sal gedeeltelik opgeskort word as hulle regerings nie “tekorte binne 60 dae regmaak nie”. Die besluit volg na Trump se bevel om die veiligheid van buitelanders deegliker na te gaan om “nasionale sekuriteitsdreigemente te identifiseer”.

Baie van die lande wat heeltemal verban kan word, is Afrika-lande, Noord-Korea en Moslem-lande. Hierdie lande sluit in: Afghanistan, Kuba, Iran, Libië, Noord-Korea, Somalië, Soedan, Sirië, Venezuela en Jemen.

Lande wat gedeeltelik verban sal word, sluit in: Eritrea, Haïti, Laos, Mianmar, Suid-Soedan.

Die lande wat tekorte moet aanspreek of hulle burgers sal verbied word om die VSA in te gaan, is Angola, Belarus, Antigua en Barbuda, Benin, Bhutan, Burkina Faso, Kaap Verde, Kambodja, Kameroen, Chad, Kongo, Dominica, Ekwatoriaal-Guinee, Gambië, Liberië, Malawi, Mauritanië, Pakistan, Saint Kitts and Nevis, Saint Lucia, São Tomé and Principe, Sierra Leone, Oos-Timor, Turkmenistan en Vanuatu.

Die lys kan uitgebrei word om nog lande in te sluit.

Bronne: Daily Mail, Newsweek, New York Post

Lees ook: VSA skors SA-ambassadeur oor kommentaar op Trump

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief