Turkse vrou skei man weens ‘swak higiëne’

Lees ook :

Turkse vrou skei van man weens sy ‘swak higiëne’. Foto ter illustrasie: Canva

TURKYE. – ’n Turkse man is deur sy vrou vir ’n egskeiding gedagvaar omdat hy swak higiëne gehandhaaf het.

Die man het na glo vir lang tydperke dieselfde klere gedra, nie gereeld gebad nie en was omgewe van ‘n klankie. Getuies is ingeroep om die vrou se saak te versterk.

Getuies was onder andere die man se kollegas en kennisse, wat saam met die vrou gestem het.

Twee howe het bevind die man se swak higiëne het tot die verbrokkeling van die egpaar se huwelik bygedra en is geldige gronde vir skei. Die regter het die man ook beveel om die vrou 500 000 Turkse lira as skadevergoeding te betaal. Dit is ongeveer R310 000.

Bronne: The Citizen, East Coast Radio

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief