Swanger vrou sterf in ongeluk in Centurion

Lees ook :

'n Swanger vrou is Dinsdagmiddag in 'n ongeluk buite Centurion oorlede. Foto: Community Emergency Response Team

GAUTENG. – Nooddienste is Dinsdagmiddag omstreeks 12:49 na ’n ongelukstoneel op die N1-Suid naby die Brakfontein-wisselaar in Centurion ontbied.

Met hulle aankoms op die toneel het hulle ’n sportnutsvoertuig op sy dak aangetref. Een passasier is uit die wrak geslinger en het ernstige beserings opgedoen.  

’n Kleuter en twee ander insittendes is lig beseer en is op die toneel gestabiliseer. ’n Swanger vrou, vermoedelik in haar dertigs, het op die toneel aan haar beserings beswyk.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Tshwane-metropolisie en die SAPD was wel op die ongelukstoneel.   Bronne: CERT-SA, Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief